Select your language
Afrikaans
Arabic
Basque
Bulgarian
Catalan
Chichewa
Chinese
Croatian
Czech
Danish
Dutch
English
Farsi
Fijian
Filipino
French
German
Greek
Hebrew
Italian
Japanese
Kinyarwanda
Kisongie
Korean
Lingala
Malagasy
Norwegian
Nuer (Sudan/South-Sudan)
Oromo
Polish
Portuguese
Romanian
Russian
Slovak
Somali
Spanish
Swahili
Swedish
Tshiluba (DR Congo)
Turkish
Welsh

Vyf Werklikhede Wat Jy Behoort te Ken

1. Hier is die uitspraak van die Allerhoogste God!

”Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie ... want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” Romeine 3:10,23.

2. Hier is die vonnis van die Allerhoogste God!

”Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.” Galásiërs 3:10.

”En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.” Hebreërs 11:6.

”Hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.” Johannes 3:18.

3. Hier is die voorsiening van die Allerhoogste God!

”Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang.” Galásiërs 3:13.

” ... dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte” 1 Korinthiërs 15:3.

”Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Johannes 3:16.

4. Hier is jou geleentheid!

”Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.” Johannes 1:12.

5. Hier is jou enigste hoop!

”Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.” Johannes 3:36.

”En die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” Handelinge 4:12.


Lees die Bybel, dit is die Woord van God. Luister na die stem van God. Die Allerhoogste en lewende God gee vir jou om. Hy maak vandag sy liefde aan jou bekend. Sy Woord gee aan jou betroubare inligting oor die weg na ware geluk en vrede. Indien jy meer literatuur benodg, kan ons dit gratis aan jou stuur. As jy enige vrae het, sal ons dit baie graag probeer beantwoord. Stuur aan my asseblief meer literatuur (skryf enige vrae op ’n aparte bladsy).

Naam: _________________________________

Adres: _______________________________________________

_____________________________________________________

Bybelverspreiders, Chapter Two SA

Posbus 83645, South Hills, 2136, Republiek van Suid-Afrika

© 2006 Bible Distributors, Fountain House, Conduit Mews, London, SE18 7AP, England.

In Afrikaans verwerk deur E.N. Cross. Alle regte voorbehou. Skrifaanhalings is uit die 1933/53-vertaling van die Afrikaanse Bybel.

Besoek Chapter Two se webwerf by: www.chaptertwobooks.org.uk