Select your language
Afrikaans
Arabic
Basque
Bulgarian
Catalan
Chichewa
Chinese
Croatian
Czech
Danish
Dutch
English
Farsi
Fijian
Filipino
French
German
Greek
Hebrew
Italian
Japanese
Kinyarwanda
Kisongie
Korean
Lingala
Malagasy
Norwegian
Nuer (Sudan/South-Sudan)
Oromo
Polish
Portuguese
Romanian
Russian
Slovak
Somali
Spanish
Swahili
Swedish
Tshiluba (DR Congo)
Turkish
Welsh

Suiwer Goud

Aanhalings uit die heilige skrif

In die begin was

die Woord, en die

Woord was by God,

en die Woord was God.

Johannes 1 v 1

In Hom was lewe,

en die lewe was die

lig van die mense.

Johannes 1 v 4


Ek is die lig van die wêreld;

wie My volg, sal sekerlik nie

in die duisternis wandel nie,

maar sal die lig van die lewe hê.

Johannes 8 v 12

Jesus antwoord hom: Ek is die

weg en die waarheid en

die lewe; niemand kom na

die Vader behalwe deur my nie.

Johannes 14 v 6


As iemand dors het,

laat hom na My toe kom

en drink!

Hy wat in My glo,

soos die Skrif sê :

strome van lewende water

sal uit sy binneste vloei.

Johannes 7 v 37, 38


  

Maar Hy is ter wille van ons

oortredinge deurboor, ter wille

van ons ongeregtighede

is Hy verbrysel;

die straf wat vir ons die

vrede aanbring, was op hom,

en deur Sy wonde het daar

vir ons genesing gekom

Jesaja 53 v 5

  


Kyk, Ek staan by die deur

en Ek klop. As iemand My

stem hoor en die deur oopmaak,

sal Ek ingaan na hom toe.

Die Openbaring 3 v 20

Sodat Christus deur die

geloof in julle harte

kan woon.

Efésiërs 3 v 17


 Voorwaar, voorwaar

Ek sê vir julle,

wie my woord hoor en Hom glo

wat My gestuur het,

het die ewige lewe en kom nie

in die oordeel nie,

maar het oorgegaan

uit die dood in die lewe.

Johannes 5 v 24


Want so lief het God

die wêreld gehad,

dat Hy sy eniggebore

Seun gegee het,

sodat elkeen wat in Hom glo,

nie verlore mag gaan nie,

maar die ewige lewe kan hê.

Johannes 3 v 16


  

Kom na My toe,

almal wat vermoeid en belas is,

en Ek sal julle rus gee...

My juk is sag

en my las is lig.

Matthéüs 11 v 28, 30


Want die loon van die sonde is

die dood, maar die genadegawe

van God is die ewige lewe in

Christus Jesus, onse Here.

Romeine 6 v 23

O God, wees my,

sondaar, genadig!

Lukas 18 v 13


Daar is dan nou geen

veroordeling vir die wat in

Christus Jesus is nie.

Romeine 8 v 1

Maar hierdie is beskrywe, dat julle

kan glo dat Jesus die Christus is,

die Seun van God; en dat julle deur

te glo die lewe kan hê in sy Naam.

Johannes 20 v 31


Wees liewer

bly dat julle name in die

hemele opgeskrywe is.

Lukas 10 v 20

Omdat ons dan uit die geloof

geregverdig is, het ons

vrede by God deur onse

Here Jesus Christus.

Romeine 5 v 1


Kom, want alles is

nou gereed.

Lukas 14 v 17

Wat moet ek doen

om gered te word?...

Glo in die Here Jesus Christus

en jy sal gered word,

jy en jou huisgesin.

Handelinge 16 v 30. 31


Elkeen wat in Hom glo,

ontvang vergifnis van sondes deur

Sy Naam ontvang.

Handelinge 10 v 43

Wie oorgelewer is ter wille

van ons misdade

en opgewek is ter wille

van ons regverdigmaking.

Romeine 4 v 25


Maar almal wat Hom aangeneem

het, aan hulle het Hy mag gegee

om kinders van God te word,

aan hulle wat in sy Naam glo.

Johannes 1 v 12

Kom dan tot inkeer en bekeer

julle, sodat julle sondes

uitgewis kan word.

Handelinge 3 v 19


Ek sal hom wat na My toe kom,

nooit uitwerp nie.

Johannes 6 v 37

Want die Seun van die mens

het gekom om te soek en te red

wat verlore was.

Lukas 19 v 10


Ons is dus saam met Hom

begrawe deur die doop in

die dood, sodat net soos

Christus uit die dode opgewek

is deur die heerlikheid

van die Vader, ons ook so in 'n

nuwe lewe kan wandel.

Romeine 6 v 4


En kyk, Ek is met julle al die

dae tot aan die voleinding

van die wêreld.

Matthéüs 28 v 20

Laat julle lig só skyn voor die

mense, dat hulle julle goeie

werke kan sien en julle Vader

wat in die hemele is, verheerlik.

Matthéüs 5 v 16


My skape luister na my stem, en

ek ken hulle, en hulle volg My.

En ek gee hulle die ewige lewe,

en hulle sal nooit verlore gaan tot

in ewigheid nie, en niemand

sal hulle uit my hand ruk nie.

Johannes 10 v 27, 28


Christus ook vir julle gely het en

julle 'n voorbeeld nagelaat het,

sodat julle sy voetstappe

kan navolg.

1 Petrus 2 v 21

Stry die goeie stryd van

die geloof.

1 Timótheüs 6 v 12


Want uit genade is julle gered,

deur die geloof, en dit nie uiit

julleself nie:

dit is die gawe van God;

nie uit die werke nie, sodat

niemand mag roem nie.

Efésiërs 2 v 8, 9

Maar God sy dank vir sy

onuitspreeklike gawe.

2 Korinthiërs 9 v 15


  

Maar as ons in die lig wandel

soos Hy in die lig is, dan het

ons gemeenskap met mekaar;

en die bloed van

Jesus Christus, sy Seun,

reinig ons van alle sonde.

1 Johannes 1 v 7


Ja, Ek het jou liefgehad met 'n

ewige liefde; daarom het Ek jou

getrek met goedertierenheid.

Jeremia 31 v 3

Wees nie bevrees nie,

want Ek is met jou.

Jesaja 41 v 10


Ek gaan om vir julle

plek te berei. En as Ek gegaan

en vir julle plek berei het,

kom Ek weer en sal julle na

My toe neem, sodat julle ook

kan wees waar Ek is.

Johannes 14 v 2, 3


Die gras verdor,

die blom verwelk;

maar die woord van onse God

hou stand in ewigheid.

Jesaja 40 v 8

Die hemel en die aarde sal

verbygaan, maar my woorde

sal nooit verbygaan nie.

Lukas 21 v 33


Alles wat julle in die gebed vra,

glo dat julle dit sal ontvang,

en julle sal dit verkry.

Markus 11 v 24


Wandel deur die Gees, dan sal

julle nooit die begeerlikheid

van die vlees volbring nie.

Galásiërs 5 v 16

En bedroef nie die

Heilige Gees van God nie.

Efésiërs 4 v 30


Want elkeen wat hom skaam

vir My en my woorde,

vir hom sal die Seun

van die mens Hom skaam

wanneer Hy kom in

sy heerlikheid

en dié van die Vader

en van die heilige engele.

Lukas 9 v 26


Want die Here self sal van die

hemel neerdaal met 'n geroep...

en die wat in Christus

gesterf het, sal eerste opstaan.

Daarna sal ons wat in die lewe

oorbly, saam met hulle in wolke

weggevoer word die Here

tegemoet in die lug; en so sal

ons altyd by die Here wees.

1 Thessalonicense 4 v 16, 17


En ek het 'n nuwe hemel en 'n

nuwe aarde gesien...

En God sal al die trane van hulle

oë afvee, en daar sal geen dood

meer wees nie; ook droefheid en

geween en moeite sal daar nie

meer wees nie, want die eerste

dinge het verbygegaan.

Openbaring 21 v 1, 4


En kyk, Ek kom gou.

En laat hom wat dors het, kom;

en laat hom wat wil,

die water van die lewe neem,

verniet.

Amen,

ja kom, Here Jesus!

Openbaring 22 v 12, 17, 20


Lees die Bybel, dit is die Woord van God. Luister na die stem van God. Die Allerhoogste en lewende God gee om vir you. Hy maak jou Sy liefde vandag bekend. Sy Woord gee jou betroubare inligting omtrent die weg na ware geluk en vrede. Indien jy meer literatuur benodg, kan ons dit vir jou gratis aanstuur.

As jy enige vrae het sal ons baie graag dit wil probeer beantwoord.

Stuur my asseblief meer literatuur.

(Enige vrae mag op 'n aparte papier geskryf word.)

Naam: _______________

Addres:_______________

_____________________

P.O. Box 2234
Alberton 1450
Rep. Suid Afrika

Further help and contact may be obtained from the publisher:

Chapter Two, Fountain House, Conduit Mews, London, SE18 7AP, Engeland

Tel. ++44[0]20 8316 5389,
Fax ++44[0]20 8854 5963

e-mail: chapter2uk@aol.com
www.chaptertwo.org.uk

Eerste uitgawe in Afrikaans, 1996. Verwerk in Afrikaans deur E.N.Cross.

Afrikaans Suiwer Goud, 1996, 2003 © Chapter Two Trust

 Alle regte voorbehou.

Skrifaanhalings is uit die standaardvertaling van die Afrikaanse Bybel © met verlof van die bybelgenootskap van Suid-Afrika

Uitgawes tot op datum: Afrikaans, Nederlands, Deens, Chinees, Engels, Frans, Italiaans, Duits, Noors, Pools, Russies, Slawies, Spaans, Sweeds, enz.  Meer as twee miljoen in Druk.